Tug-skande ná Bok-triomf

Die is ‘n baie interesante berig in Beeld van 14-Sep-2009

Tug-skande ná Bok-triomf

Kiwi’s is berug slegte verloorders, maar ná hul span eergister hier sy moses teen die Springbokke teëgekom het in die beslissende Drienasies-kragmeting het die vierweek-skorsing van Jaque Fourie vir ’n boorvat op Ma’a Nonu dié wete versterk.

Fourie was duidelik skuldig, maar sy straf is buite proporsie met dié wat slegs elke dan en wan opgelê word vir vuil spel téén die Springbokke.

In ’n Drienasies-toets verlede jaar het die All Blacks-slot Brad Thorn ’n veel liederliker boorvat op die Bok-kaptein, John Smit, uitgevoer en is net vir ’n week geskors. Daarbenewens is die All Blacks-agtsteman, Kieran Read, nie eens uitgewys nie nadat hy Bryan Habana sonder die bal met die skouer gestamp het dat hy trek.

Die uitwys-kommisaris van eergister, Scott Nowland, was dieselfde man wat nou die dag ’n weeklange skorsing aan Bakkies Botha uitgedeel het vir heeltemal geoorloofde spel teen die Britse en Ierse Leeus.

In dieselfde toets het Brian O’Driscoll vir Danie Rossouw met die kop gestamp en erg beseer sonder dat ’n haan daarna gekraai het.

In vanjaar se eerste toets tussen die Springbokke en die Wallabies het die Aussies se losskakel, Matt Giteau, ook duidelik probeer om die Bok-skrumskakel, Fourie du Preez, aspris te beseer met ongeoorloofde spel en is ’n geel kaart agterna as genoegsame straf geag.

Was hulle Suid-Afrikaners, sou Thorn, Read, Giteau en O’Driscoll waarskynlik ’n hele ruk op die paviljoen moes deurbring. Laasgenoemde drie is nie eens uitgewys nie.

Die Internasionale Rugbyraad gaan duidelik nie ’n standaard stel nie. Dit is waarskynlik tyd vir die SA Rugbyunie om te probeer stem dik maak – of die indruk van lamsakkigheid te versterk wat al bestaan sedert hy meer as ’n dekade gelede sy Australasiese kollegas op die skouer geklop het ná ’n faks gelek is. Daarin het die Aussie- en Kiwi-skeidsregters letterlik saamgesweer om “die japies” te boor waar hulle kan.

Dié Bok-span is veel beter as enige ander internasionale span, maar verloor nou twee belangrike spelers wanneer Jean de Villiers (Munster) en Frans Steyn (Racing Metro) oorsee vertrek. Die Bok-afrigter, Peter de Villiers, huldig die verstaanbare mening dat hy nie spelers wat oorsee speel, wil kies nie, maar Steyn se drie strafdoele eergisteraand sou g’n ander speler hom kon nadoen nie; en De Villiers is ’n generaal in dié span.

Die Bok-senter sal teen die einde van die Europese seisoen sy situasie heroorweeg, maar sowel hy as Steyn bly vir die Bokke beskikbaar. De Villiers sal lank oor dié turksvy moet dink.

Die Bok-kaptein, John Smit, het bevestig dat hy nog g’n plan het om sy stewels op te hang nie. Die wyse waarop hy hom binne ses maande as vaskopstut versool het, getuig ewe veel van talent as van karakter.

die berig was geskruif deur Louis de Villiers

Is dit reg wat gebeur?

Hoekom word net ons spelers so uitgebuit?

Leave a Reply