Taalreels vir die werkplek

Taalreels vir die werkplek

WERKSPLEK : Dit het onder my aandag gekom dat sommige individue in dieorganisasie kru taal tydens normale gesprekvoering teenoor hul kollegas gebruik. Weens klagtes vanaf sekere werkers in die verband, sal die gebruik van hierdie tipe taal nie langer geduld word nie. Ons besef egter die noodsaaklikheid daarvan om in staat te wees om akkurate menings teenoorkollegas te kan uitspreek. Die volgende nuwe en innoverende uitdrukkings word derhalwe aanbeveel ten einde gedagtes en inligting op ‘n effektiewe wyse te kan oordra :

1 Gebruik Liewer : Ek dink addisionele opleiding sal waardevol vir jou weesIn plaas van : Jy’t geen fokken idee wat jy doen nie.

2. Gebruik Liewer : Sy’s ‘n dinamiese werknemer. In plaas van : Sy’s ‘n hardegat-teef.

3. Gebruik Liewer : Ek kan moontlik oortyd werk. In plaas van : En wanneer de fok dink jy moet ek dit doen?

4. Gebruik Liewer : Ek is oortuig daarvan dis nie lewensvatbaar nie. In plaas van : Daar’s nie ‘n fokken manier nie!

5. Gebruik Liewer : Werklik? In plaas van : Moenie kak praat nie!

6. Gebruik Liewer : Die probleem sal beslis aandag ontvang. In plaas van : Vertel dit vir iemand wat ‘n fok omgee!

7. Gebruik Liewer : Ek was nie by die projek betrokke nie. In plaas van : Dis nie my fokken probleem nie!

8. Gebruik Liewer : Dis interessant. In plaas van : Wat de fok?

9. Gebruik Liewer : Ek is nie seker dat dit geïmplementeer kan word nie. In plaas van : Hierdie kak sal nie werk nie.

10. Gebruik Liewer : Ek sal dit probeer skeduleer. In plaas van : Hoekom de fokken hel het jy my nie vroeër gesê nie!

11. Gebruik Liewer : Hy’s nie vertroud met die aspekte nie… In plaas van : Die idioot weet fokkol!

12. Gebruik Liewer : Verskoon my, meneer? In plaas van : Ag fok jou!

13. Gebruik Liewer :So jy was nie gelukkig daarmee nie? In plaas van : Jammer om van jou kak te hoor.

14. Gebruik Liewer : Ek is ‘n bietjie oorlaai op die oomblik. In plaas van : Fokkit, ek verdien ook maar net ‘n salaris!

15. Gebruik Liewer : Ek dink nie jy verstaan nie. In plaas van : Druk dit in jou gat!

16. Gebruik Liewer : Ek’s mal oor ‘n uitdaging! In plaas van : Dis ‘n kak job hierdie!

17. Gebruik Liewer : Wil jy hê dat ek dit uitsorteer? In plaas van : Wie’s dood en het jou die fokken baas gemaak?

18.. Gebruik Liewer : Hy’s ietwat onsensitief. In plaas van : Hy’s ‘n doo$.

Dankie vir u samewerking

Leave a Reply